Monday, September 29, 2014

Stella Bees-Fees net buite Vryburg, Mafikeng en Delareyville

Noordwes Provinsie bring weer 23 tot 25 Oktober 2014 hul jaarlikse Beesfees ("Stella Cattle Festival") in Stella vorendag, n "Bul van n' Fees" vir jonk en oud, Stella is gelee naby die Suid Afrikaanse dorpies Vryburg, Mafikeng en Delareyville.
Stella Bees-Fees, Cattle Festival in Noordrwes Provinsie
Die Beesfees skop AF:
  • Donderdag 23 Okt, skop af met vlooi mark stalletjies, Tom Bothma Krieket, Oumanne Rugby, die Pompom Girls en later die dag saam met DJ Paul Kluge.
  • Vrydag 24 Okt, se aktiviteite sluit in Vetvee Beoordeling, Jeugkou, Willie Lourens Kinder Vermaak, Die Weskusklong lei die skoolprogram oor met n 45 minute beroeps georienteerde praaitjie deur Fatima Abdoel, Skool kompetisie tussen Vryburg en Stella Hoer Skole, Hackney Ponie en Friesperd Vertonings, Les Ashton vertoning, Laser Vertoning met Dansers, die Klipdrift Idols, Dj Ossewa op die verhoog en Weskusklong vermaak tot laat.
  • Saterdag 25 Okt, Blue Flame Kinder vermaak, Western Mounted Games skou, Planterkliniek, Len Ashton op die planke, Spitbraaikompetisie, die Klipdrift Idols, Rodeo, Trom-Poppies, Volk-Spele, "Line Dancers", Laser vertoning met Dansers, groot vemaak deur die Afrikaans Sanger Theuns Jordaanen later weer die Weskusklong op die verhoog.
 Stella Bees-Fees Ingangs Fooi/Kaartjies:
  • Volwassenes R100 per persoon per dag.
  • Skool Gaande Kinders/Leerders R40 per persoon per dag.
  • Voorskool Kinders R10 per persoon per dag.
Stella Seisoen Kaartjies:  (Beskikbaar/te Koop by Jasmeintjies Boetiek in Stella Straat..
  • Volwassenes R120 per persoon.
  • Skool Gaande Kinders/Leerders R60 per persoon.
Kontak n Beesfees Amptenaar:  Daan Diedericks - 082 899 3673
stellabeesfees@lantic.net
Oornag Akkommodasie/Verblyf in die Dorpie Stella sluit in: Doringkraal,Tarentaal Gaste Huis, Leeuwbosch Lodge, La Braska Lodge, Makgoro Guest House, Die Opstal, Estrellita Koshuis, Huis Esterhuysen Koshuis en Spes Bona.

Lekker Slaap Plekke in Vryburg sluit in: International Hotel, Bird Lodge, Boereplaas Vakansie Oord, Molopo Travel Inn, Villa Brochant, Schoon Gastehuis, Safari Inn, Ngulube Lodge, Lockerbie Lodge, Mag-Mar Oornag Gaste Huis en die Helderberg.

Delareyville Akkommodasie sluit in: Baberspan, Doxa Gaste Huis, Mirrah Guest House, Die Dorpshuis B&B en Salty Waters.

OFM Radio saai direk uit vanaf die Fees terein.

1 comment:

  1. wie kan ek kontak vir n kos stalletjie my nr is 0761422833

    ReplyDelete