Friday, August 1, 2014

Bespreek Musiekante in Kaapstad - Tony & Lana

Die twee Suid Afrikaanse Kunstenaars het 3 jaar gelede saam begin optree as 'n Duo.  As man en vrou is dit lekker om saam te werk - musiek is ons passie en liefde en sal dit seker doen vir solank ons as "Tony & Lana" dit moontlik kan he en onse Liewe Vader ons die voorreg sal gun....hopelik tot ons grys hare op die grond sleep agter ons aan. Tony & Lana het ontmoet by 'n Optrede en vandaar nog nie weer teruggekyk nie, getroud in liefde en musiek.  
Tony Nelson is oorspronklik van George en het besluit om die geleenthede in die Kaap te kom ondersoek en is in die bedryf al vir ongeveer 13 jaar.  Tony se liefde vir die Acoustic Kitaar het hom aangepor om net nog meer en meer te verbeter.  

Tony & Lana 
 
Lana Nelson (was Jamneck - ja ja almal gaan altyd aan oor die van!!), is 'n gebore Vrystater en is in totaal nou al ses jaar in die bedryf.  Ek looooove dit om op die verhoog te wees.  Ek voel ek kan myself uitleef in my musiek en dit is vir my siel salf en 'n ontsnapping van alles.  

Tony Nelson se oorspronklike liedjie, "Weskus - hier wil ek bly", speel tans op 'n paar Radiostasies oa, Bok Radio.  

Lana Nelson se oorspronklike liedjie, "Just Say It", word in Augustus opgeneem en handel oor Kindermishandeling - 'n groot passie in my lewe om te help waar ek moontlik kan.  
Ons "Tony & Lana" tree op by verskeie Feeste, Venues, Troues, Partytjies en Korporatiewe Funksies.

Besoek hul Web-Tuiste -  Tony & Lana Music

Bespreek Tony en Lana vir jou Geleentheid

Luister na op Sound Cloud, Tony Nelson 

No comments:

Post a Comment