Monday, September 29, 2014

Kraaifontein Gesins Fees by Eben Donges Hoer Skool

Kaapse Jolyt op sy best in die Noordelike Voorstede van ons mooi stad, Kraaifontein breek elke jaar weg met n "Ocktober Festival",hierdie jaar se datum is 3 tot 5 Oktober 2014. n Dorpie agter die "Boerewors Gordyn" soos die Engelse stads mense dit noem. Kraaifotein is gemaklik gelee langs Durbanville en net agter Brackenfell wanneer jy op die N1 na die geliefde wyn dorpie Paarl toe ry.
Kraaifotein Gesins Fees in Oktober


Eben Donges Hoerskool bied aan die Gesins Fees in Kraaifontein, n naweek geleentheid vir sy kuier gaste waar daar baie sal wees om te geniet, soos n flooi markie met sy asemrowende produkte by stallletjies vir die hele gesin met oupa, ouma, ma, pa, kind en hond.

Gratis Musiek Vermaak deur bekende Afrikaans en Engelse Kunstenaars in Suid Afrika soos Nic Stevens, Christo & Cobus, Fredie Nest, Wynand & Cheree, Jaycee, grapkas en singer Andries Vermeulen, Amore, Pieter Mohr, Quentin Prinsloo, Stephan Visagie, Vincent, Mika en die Zingende Byeboer.

Kraaifontein sal nie n lekker fees he, as een van die noordelikke voorstede se gunsteling Radio Stasie "Bok Radio" direk gaan uitsaai vanaf  Eben Donges Hoer Skool se fees gronde nie.Let wel Kraaifontein het van die beste sangers en orkeste uit die jare 80's tot nou opgelewer.

Van die mees geliefde Dans Orkeste was Boby Five met Nico Greeff wat vandag nog optree in die orkes genaamd "Die Manne" met Andre van der Merwe en Pieter Le Roux. Ander Orkes wat ook lekker bekend is onder van ons plattelandse mense is "Fran and the Boys", dis nou met Francine Greeff, Nico Langeveld en een van die beste musikante innie Suid Afrika, Morne Toua en Dicky en Dirkie.

Waarom hierdie geliefde en Kraaifontein gebore orkes nie speel spasie kry op die fees terein staan my verstand ten bowe, van die orkeslede met die onstaan van die orkeste is oud Eben Donges Skooliere.Dis die Orkeste wat die Oupas, Oumas, Ma's en Pa's oor hul voete sal val om weer eens na te kan luister na.

N Kerkdiens sal in die groot tent gehou word, Sondag 5 Oktober 2014.

Navrae: Elsa 083 788 7086

No comments:

Post a Comment