Wednesday, November 20, 2013

 Jakkals & Leeu Familie Vertoning in Kaapstad met Jakkie Louw & Kevin Leo

“Voshaarnooi”  Die Louis van Rensburg trefferliedjie is opgeneem deur Kevin Leo & Jakkie Louw en die video daarvan is gemaak. Die video was oornag ‘n Kyknet gunsteling en  speel feitlik daagliks op hierdie kanaal.  Op youtube het meer as 112,946
mense al die video gaan kyk.
Jakkie en Kevin het ook besluit om ‘n produksie vertoning “Jakkals & Leeu” saam te begin en ‘n DVD van die show is opgeneem by die LemonJack teater.  Die vertoning se sukses het daartoe bygedra dat Jakkie Louw en Kevin Leo gevra is om in die geskiedkundige afrikaanse “musical’ LIEFLING te speel.  In 2012 was Jakkie en Kevin ook te sien in die treffer fliek Pretville as Bennie en Buks.  Pretville se tronkopsigters.
Jakkie en Kevin as “Jakkals & Leeu” tree gereeld landwyd op waar hulle sale aand na aand vol trek en uitverkoop.  Die kombinasie van die twee sangers is uniek en uiters vermaaklik vir die hele gesin.  Liedjies wat hulle op hulle unieke manier vertolk sluit in Voshaarnooi, O Sole Mio (ala Pavarotti en Brian Adams) Frank Sinatra, ‘n bietjie Elvis Presley, ‘n Bietjie Lucas Maree en ‘n bietjie Pikkewyne.

Die “Jakkals & Leeu” CD word vroeg in  2014 vrygestel en is met sorg saamgestel uit liedjies spesiaal vir die Jakkals & Leeu aanhangers en sluit ook twee of drie verassings in.

Plaasteater Weekly Program 


Prys per persoon: R120

Plek: Plaasteater Kaapstad soos op Facebook (Laaik ons asb)
Bespreekings: hennie@getawayafrica.com
Tell: 021 981 5621
Cell: 083 3600 686

Click here to View Plaasteater Latest Weekly/Monthly Program 

Join & Chat with Plaasteater on Twitter 


No comments:

Post a Comment